Huispryse gaan dalk in 2018 selfs stadiger groei as in 2017. Dit sal die vierde opeenvolgende jaar wees dat gemiddelde huispryse in Suid-Afrika stadiger styg.
Daar is boonop ’n groot kans dat die gemiddelde huisprys stadiger as die algemene inflasiekoers gaan styg.
John Loos, huishoudelike en eiendomstrateeg van FNB, het sy verwagting vir huisprysgroei in 2018 byna gehalveer sedert die begin van die jaar. Hy verwag nou groei van net 3,4%, wat baie laer gaan wees as die verwagte inflasiekoers vir 2017 van 5,2%. Aan die begin van 2018 het Loos groei van tussen 5% en 6% voorspel.