Eiendomsagente is ontstoke omdat FNB-kliënte nou hul huise deur middel van die FNB-app aan ander FNB-kliënte kan verkoop.
FNB het op 31 Oktober aangekondig dat sy kliënte hul huise self deur sy NavHome-platform kan verkoop.
FNB meen sy platform se mededingende voordeel is dat verkopers sal kan sien watter potensiële kopers die beste kans staan om ’n huislening te kry, en net hulle toe te laat om na die eiendom te kyk. Die app kan slegs deur FNB-kliiënte gebruik word.