As die impak van inflasie in ag geneem word, het huispryse in die laaste kwartaal van 2018 vergeleke met die ooreenstemmende tyd die vorige jaar gedaal.
Die verbandmakelaar Ooba se statistieke toon in die vierde kwartaal verlede jaar het die gemiddelde huisprys minimaal met 0,9% tot R1,187 miljoen gestyg teenoor dieselfde kwartaal die vorige jaar.
Rhys Dyer, uitvoerende hoof, het die lae groei in pryse aan die politieke onsekerheid en ekonomiese toestande toegeskryf.