Die eerste tekens dat die ekonomie oor die volgende paar maande gaan kop optel, blyk uit Mei se huisprysindeks.
Huispryse sal dalk selfs binnekort “opvang” met die inflasiekoers, glo John Loos, FNB se strateeg oor huishoudinge en eiendom.
Volgens FNB was huispryse in Mei 4,6% hoër as ’n jaar vantevore. Dít nadat huispryse in April met 3,8% gestyg het en so onlangs as Februarie met net 2,8%.