Tweede kanse. Dit is iets waarvan die 21-jarige Idols SA-finalis Christo Daniels van Port Elizabeth beslis ervaring het.
Sy eerste oudisie vir dié sangkompetisie in Johannesburg was onsuksesvol. Maar met die tweede probeerslag in Port Elizabeth het hy met ’n goue kaartjie daar uitgestap.
En nou onlangs het hy weer ’n tweede kans gekry. Dit is toe die beoordelaars vir hom ’n deur oopgemaak het nadat hy nie genoeg stemme gekry het om na die toptien deur te dring nie.