Huispryse nasionaal het in die eerste kwartaal op ’n jaargrondslag met 3,6% gestyg – maar veral een provinsie het die nasionale syfer afgetrek.
Volgens FNB se jongste huisprysindeks het huispryse in April stadiger gegroei teen 3,4% op ’n jaargrondslag teenoor die groei van 3,5% in Maart.
Siphamandla Mkhwanazi, ’n ekonoom van FNB, sê die inligting wys daar is steeds ’n ooraanbod in die mark, maar die pas waarteen eiendom op die mark kom, het in die afgelope maande begin verlangsaam. “Dit dui daarop dat verkopers hul eiendom terughou te midde van die lae vraag na eiendom.”