Deel

Interaktief: Grondkopers woeker by Marikana

Groot grondkopers woeker behoorlik in Noordwes, wys nuwe grondtransaksiedata.

Die “platinumprovinsie” het die meeste kere van alle provinsies grond sien hande verruil in die tydperk tussen April verlede jaar en Maart vanjaar.

En Marikana, naby Rustenburg, mag dalk meer beroemd en berug wees as die simbool van arbeidsonrus ná die “Marikana-slagting” in 2012 waarin 34 mynwerkers dood is, maar dié distrik het die tweede meeste grondtransaksies van alle landboudistrikte landwyd.

Die data waaruit hierdie tendense blyk, is saamgestel deur Agri Development Solutions en vroeër vandeesmaand op Landbou.com gepubliseer. Dit tel transaksies van grond groter as 20 hektaar en bied ’n interessante blik op waar “landbougrond” gekoop en verkoop word, asook die gemiddelde prys per hektaar wat daarvoor betaal word.

Natuurlik wys die syfers nie vir ons wat nou juis op die grond groei of wat onder die oppervlak blink nie, maar die hoogste pryse per hektaar is ver van Noordwes en Gauteng af in die Wes-Kaap en KwaZulu-Natal betaal.

Die data groepeer transaksies binne die betrokke “landboudistrikte” waarvan die grense die destydse landdrosdistrikte volg, in teenstelling met die hedendaagse munisipale grense. Die gemiddelde prys vir grond in die Marikana-distrik was R68 324 per hektaar, wat afsteek teen die gemiddeld van die nabygeleë Coligny se R167 352 per hektaar, en steeds ver onder die hoogste pryse landwyd is.

INTERAKTIEF: Klik op die ikone op die kaart hieronder om te sien hoeveel was die gemiddelde grondprys per hektaar in daardie distrik, en hoeveel transaksies daar plaasgevind het, in die tweede kaart.

Binne die bedrywige Noordwes-grondmark, was 26% van transaksies in die Marikana-distrik, wat 5% van die totale hoeveelheid transaksie verteenwoordig. Die enigste “landboudistrik” met meer transaksies is Pretoria met 234 in dieselfde tydperk.

Mynreuse aan’t koop?

Hoewel dié nuwe dataplatform veral boere wil help om pryse dop te hou, is Noordwes se groot trekpleister natuurlik mynbou.

Mynbou se bydrae tot die provinsie se ekonomie beloop sowat 23% danksy die feit dat 94% van Suid-Afrika se platinum in die Rustenburg- en Brits-omgewing te vinde is, berig South African Business in sy jongste uitgawe.

Die Noord-Kaap is verreweg die voorloper as ’n mens verkies om na grondsake te kyk deur die bril van hoeveel hektaar per transaksie aangeskaf word. Meer as ’n kwart van die totale grondoppervlakte wat in Suid-Afrika gekoop en verkoop is, is in daardie dorre provinsie verkoop.

heading
description
username
Wys Kommentaar ()
besig om te laai... Regstreeks
Australia 327/3
India 0
Rand - Dollar
18.95
+0.8%
Rand - Pond
23.61
+0.7%
Rand - Euro
20.29
+0.7%
Rand - Aus dollar
12.66
+0.4%
Rand - Jen
0.14
+0.6%
Platinum
1,024.41
-1.5%
Palladium
1,394.45
0.0%
Goud
1,945.83
+0.3%
Silwer
23.67
+1.0%
Brent-ruolie
76.95
+0.9%
Top-40
71,768
-0.1%
Alle aandele
77,086
-0.1%
Hulpbronne 10
69,707
-0.8%
Industriële 25
103,303
-0.2%
Finansiële 15
15,518
+1.1%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos