Geen ander land het ’n lasbrief vir die inhegtenisneming van die Suid-Afrikaanse sakeman Zunaid Moti uitgereik nie, het Interpol volgens Ulrich Roux, sy prokureur, bevestig.
Moti is in voorlopige aanhouding geneem toe hy Duitsland in Augustus wou verlaat.
“Noudat ons die dokumente ontvang het, kan ons met die owerhede saamwerk om te verseker dat Interpol se bevestiging in ag geneem word in die regsproses wat in Duitsland aan die gang is,” sê Roux.