Is die keerpunt in die gronddebat bereik? Ná die samesprekings tussen die georganiseerde landbou en die regering wil dit byna so lyk.
Die regering laat hom deesdae meer gematig oor die saak uit, en die landbou-organisasies was nogal tevrede toe hulle die samesprekings verlaat het.
Intussen het dit geblyk dat die kwessie ook internasionaal aandag trek.