Malibongwe Maketa se insluiting bo Geoff Toyana as nuwe hulpafrigter van die Proteas is waarskynlik ’n aanduiding dat hy vir die pos van hoofafrigter grootgemaak word.
Die afrigtingspan wat die nuwe afrigter Ottis Gibson gaan bystaan, is Donderdag aangekondig.
Maketa, tans hoofafrigter van die Warriors, het sy spreekwoordelike skoolgeld betaal. Hy was voorheen hulpafrigter by die Titans, was by die nasionale akademie betrokke en het ook by Suid-Afrika A waargeneem.