Minstens drie Suid-Afrikaanse tieners wat die terreurorganisasie Islamitiese Staat (IS) ondersteun, ontvang behandeling om vreedsaamheid bo ’n terroristiese ideologie te kies.
“Mense is naïef as hulle dink IS spits hulle nie op Suid-Afrika toe nie, hulle soek juis ons tieners,” sê Jasmine Opperman, Afrika-direkteur by die Konsortium vir Terrorismenavorsing en -ontleding (Trac).
Die tieners se ouers het agtergekom dat hul kinders tydens persoonlike gesprekke en op sosiale netwerke die terreurorganisasie se optrede en stellings ondersteun. Die tieners het blykbaar op IS-propagandamateriaal afgekom terwyl hulle op hul persoonlike sosialenetwerkrekeninge was.