Die Flames van Noordwes het Sondag vuurwarm netbal opgedis om hul plek in die halfeindronde van die Nasionale Liga te bespreek.
Met hul skitterende Simoné Rabie (hoofdoelverdediger) aan die spits het hulle die Crinums oortuigend met 48-37 in Pretoria geklop en die groepfase in die derde plek afgesluit.
Dit het gelyk asof daar twee Rabies in die Vrystaters se doelsirkel was, want sy het keer op keer die doele se balle afgerokkel.