Die akteur en regisseur Jan Engelen het Woensdagaand aan kanker gesterf.
Hy was die seun van Belgiese ouers, Fred Engelen, voormalige hoof van die dramadepartement aan die Universiteit Stellenbosch, en die aktrise Tine Balder.
Jan het onlangs nog in die regisseur Koos Roets se rolprent ’n Pawpaw vir my darling verskyn.