Jannie Mouton skenk R1 miljard vir liefdadigheid

Jannie Mouton voor sy versameling Pierneefs in sy voorhuis. Foto: Jaco Marais

Jannie Mouton, sakemagnaat en stigter van die PSG-beleggingsgroep, het meer as ’n miljard rand aan ’n filantropiese organisasie geskenk.

Die aandelebeurs, die JSE, sê Mouton het 39,9% van sy PSG-aandele in Dana Beleggings aan die Jannie Mouton Foundation bemaak.

Die 4 096 804 PSG-aandele was Dinsdag elk R261,70 werd, wat die totale bedrag van die skenking op R1 072 133 606,80 te staan bring.

Die Jannie Mouton-stigting is volgens die JSE ’n organisasie wat filantropiese werk doen.

Mouton, ook bekend as die “Boere-Buffett, het PSG in 1996 gestig en is volgens Forbes vandag meer as $1 miljard werd.

In sy biografie, And then they fired me, vertel hy hoe hy uit die as opgestaan het nadat hy op 49-jarige ouderdom sy pos as uitvoerende hoof van SMK-makelaars, wat hy help stig het, verloor het.

Mouton is in 1946 in Carnavon in die Noord-Kaap gebore en het drie seuns. Sy seun Piet is PSG se uitvoerende hoof.

PSG het belange in finansiële dienste, die bankwese, private ekwiteit, landbou en onderwys.

Mouton kon nie Dinsdag vir kommentaar bereik word nie.


besig om te laai... Regstreeks
England 84/5
India 416/10
Rand - Dollar
16.50
-1.3%
Rand - Pond
19.96
-1.0%
Rand - Euro
17.21
-1.0%
Rand - Aus dollar
11.24
-1.0%
Rand - Jen
0.12
-1.0%
Goud
1,810.71
0.0%
Silwer
19.89
0.0%
Palladium
1,964.46
0.0%
Platinum
892.00
0.0%
Brent-ruolie
111.63
+2.3%
Top-40
59,640
-0.8%
Alle aandele
65,662
-0.9%
Hulpbronne 10
61,245
-4.1%
Industriële 25
80,264
+1.1%
Finansiële 15
14,564
-0.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos