Op die vyfde verjaarsdag van Netwerk24, vra Marenet Jordaan vir meer empatie met joernaliste wat ondanks uitdagende omstandighede steeds probeer om gehaltejoernalistiek te beoefen.
Daar word gereeld aangevoer dat joernaliste hou van houe uitdeel, maar gou op hul hoede is as kritiek na hul kant toe gemik word. Ongelukkig steek daar waarheid in dié veralgemening.
Die meeste joernaliste het nie die tyd of energie om te hoor wat hulle alles verkeerd doen terwyl hulle eintlik net stoei om kop bo water te hou in ’n nuusstroom wat dreig om hulle in te sluk nie.