Sestig minute se joga per week is dalk al wat nodig is om leerlinge se fokus en akademiese prestasie te verbeter.
Dr. Marianne Felix, ’n spesialis in beroepsgesondheid, sê deur haar werk van die bewusmaking van die gevare van MIV/vigs in Alexandra, in die noorde van Johannesburg, het sy agtergekom dat baie leerlinge met ongelooflike angs, woede en depressie worstel.
“Al die kinders weet waar hulle wil wees in die lewe, maar hulle weet nie hoe om die eerste tree te gee uit hul slagoffermentaliteit nie,” sê sy.