Die slimme jong Stiaan Scheepers wat Maandag aan ’n hoofrekenekampioenskap in Duitsland deelgeneem het, het in die toptien geëindig.
Dit is veral ’n prestasie omdat Stiaan (8), van Rustenburg in Noordwes, die jongste deelnemer in dié kampioenskap was.
Stiaan het Dinsdag uit Bielefeld, Duitsland, gesê die vraestel was maklik, maar hy kon nie klaar kry nie.