Die Noord-Kaapse departement van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling het onlangs 15 jong vroue van die organisasie Seed of Life as volstruisboere in Warrenton bemagtig.
Die doel van die opleiding was om die Seed of Life-lede toe te rus met kennis van volstruisboerdery en ’n deeglike begrip van volstruise.
Seed of Life in Warrenton is ’n groep jong vroue wat hul hand aan landbou waag en ten doel het om volstruisboerderye in die omgewing te begin.