Die regter “het ’n fout begaan” in sy beslissing oor Joost van der Westhuizen, oud-Springbokkaptein, se laaste testament waarin sy weduwee met slegs ’n televisiestel weggestap het.
Daarom wil Amor Vittone nou na ’n volbank regters appelleer.
Vittone se aansoek om verlof tot appèl is op 30 November by die hooggeregshof in Pretoria ingedien, kort nadat regter Hans Fabricius op 12 November beslis het dat Van der Westhuizen se laaste testament, van 2015, waarin hy Vittone as ’t ware onterf, geldig is. Die Van der Westhuizens staan die aansoek teen.