Rian du Plessis, die uitvoerende hoof van die perdewedren-groep Phumelela Gaming and Leisure, sê sy bedanking kort voordat die jaarresultate uitgereik word is nie ongewoon nie.
Hy het ná tien jaar aan die stuur van die maatskappy bedank. Sy bedanking geld van Maandag af.
Phumelela het met die sluiting van die mark Dinsdag aangekondig hy het sy bedanking aangebied.