Olivia M. Coetzee se roman ‘Innie shadows’ fokus op ’n groep vriende van die Shadows, ’n arm woonbuurt op die Kaapse Vlakte, en al is dié debuut nie foutloos nie, meen Nathan Trantraal sy doen interessante, nuwe goed wat genre- én gendertrope óf op hulle kop draai óf systap.
Innie Shadows deur Olivia M. Coetzee. Uitgewer: Modjaji Books. Prys: R220.
Olivia M. Coetzee se debut novel isse understated affair wat crime genre tropes een vi een either op hulle koppe drai of heeltemal sidestep. Hie is g’n Jake Steele, ’n private dick mette soft spot vi hot blondes with a sketchy past ie. Hie is in fact nie een hot blonde in sight vi miles ie.