Makhosi Khoza, voormalige ANC-parlementslid, het Donderdag gesê die ANC sal nie verbeter wanneer sy lede by die verkiesingskonferensie in Desember bymekaarkom nie, “omdat al die presidensiële kandidate deel van die verrotting is”.
“Dit is hoekom hulle nie standpunt kan inneem nie,” het Khoza by die Standard Bank Business Breakfast by Montecasino in Johannesburg gesê.
Sy sê op die dag van die mosie van wantroue teen pres. Jacob Zuma het sy geweet dat die ANC, waarin sy grootgeword het, deur patronaatskap en korrupsie oorgeneem is.