Die EFF sê hy gaan gehoor gee aan 'n hofbeslissing dat die party die verkiesingskode oortree het toe Julius Malema, EFF-leier, voor die verkiesing Karima Brown, politieke joernalis, se selfoonnommer op Twitter geplaas het.
Brown het daarna doodsdreigemente ontvang.
“Dit is ’n oorwinning teen die onderdrukking van die media, fascisme en vrouehaat. Dit is ook belangrik om te beklemtoon dat dit ’n uitspraak spesifiek teen die EFF en Julius Malema is,” het Brown aan Netwerk24 gesê.