Byna R120 000 is vir die Obz Café-kelnerin ingesamel wat deur twee aktiviste tot trane gedryf is.
Ashleigh Schultz (23) het Donderdagaand by dié restaurant in Observatory, Kaapstad, gewerk toe sy deur twee aktiviste ’n fooitjie geweier is.
Ntokozo Qwabe, leier van die #RhodesMustFall-beweging aan die Universiteit van Oxford in Engeland, en die transgenderaktivis Wandile Dlamini het haar tot trane gedryf weens hul opmerkings.