Geen geloofspraktisyn sal toegelaat word om enige geloofspraktyke te lei as hy of sy nie geregistreer is nie.
Dit is een van die voorstelle wat die Kommissie vir die Bevordering en Beskerming van die Regte van Kulturele, Godsdienstige en Taalkundige Gemeenskappe (CRL) verlede week aan die parlement voorgelê het.
Die CRL het Dinsdagoggend in Johannesburg sy verslag oor die kommersialisering van gelowe en die misbruik van mense se geloof bekend gemaak.