'n 6-jarige kind van KwaZulu-Natal is Vrydagoggend ernstig beseer nadat hy van die sesde verdieping vanuit 'n gebou in die Durban-middestad geval het.
Garrith Jamieson van die nooddiens Rescue Care sê die seun het vanuit 'n residensiële woonstel in Doctor Pixley Kaseme-straat buite die ingang van die Game-winkel geval.
"Die kind het verskeie ernstige beserings opgedoen en is in 'n kritieke toestand."