En daar duik die opvoedkundige boek oor seks vir kinders sommer ook in Afrikaans op!
Netwerk24 het die afgelope week berig oor ’n onbekende kinderboek wat die afgelope paar weke op sosiale media die ronde doen, waarin beskryf word hoe ’n man en ’n vrou seksueel verkeer.
Niemand het na vore gekom oor die oorsprong van die boek nie en selfs die onderwysdepartement het kopgekrap oor waar dit vandaan kom en wie die boek uitgee en versprei.