’n Haaivin, wat toe die vin van ’n walvishaai was, het strandgangers by Cannon Rocks in die Oos-Kaap vir ure besig gehou toe die walvishaai hier op die rotse uitgespoel het.
“Die vin kon seker vir ’n uur lank in die branders gesien word. Almal het vermoed dis ’n haai wat tussen die branders is, en toe die drie meter lange vis uitspoel, was dit ’n pragtige walvishaai,” het Jon Goetsch gesê.
Goetsch sê hy het die vin vanuit sy vakansiehuis in Cannon Rocks, sowat 135 km noord van Port Elizabeth aan die Ooskus, dopgehou en hy het hom dadelik af strand toe gehaas toe die vis op die rotse by Swemstrand uitspoel.