Vir die tweede agtereenvolgende jaar is die Kleine Zalze-wynlandgoed in Stellenbosch die beste nuwe wêreldprodusent.
Met die Sommelier Wine Awards (SWA) in Brittanje het hulle iets vermag wat geen ander inskrywer van dié pryse nog ooit kon regkry nie: om vir die tweede jaar agtereenvolgend en die derde keer in totaal as die beste nuwe wêreldprodusent aangewys te word. (Hulle het die titel in 2015 ook gekry.)
“Ons staan nederig met hierdie tipe erkenning by internasionale hoëprofiel-geleenthede,” sê Kobus Basson, Kleine Zalze se eienaar en besturende direkteur. “Dit is ’n groot eer en prestasie om wyne op Britse restaurante se wynlyste te hê, wat deur sommeliers wat elke dag daarmee te doen het, gekies is.