Rosendal. – ’n Lentefees word van 2 tot 4 September in die dorp aangebied.
Chris van Niekerk en André Schwartz is benewens heerlike kos, ’n veiling, tradisionele optredes en koswerksessies op die program. Boonop kan feesgangers die inwoners se huise besoek en sien hoe die mense hier woon en werk.
Met minder as 130 inwoners in die dorp is hierdie ’n klein en hegte gemeenskap met permanente én naweekinwoners.