Kom die woord “baie” dalk uit Duitsland en nie die Ooste, soos algemeen aanvaar is nie?
Die ou opvatting dat Afrikaans sy baie gebruikte woord ‘‘baie’’ uit Maleis kry, verdien lankal ’n herkyk in die een of ander goed gepubliseerde wetenskaplike studie.
In die jare negentig het ek ná ’n besoek aan Nedersakse agtergekom dat daar in Platduits die woord ‘‘bannig’’ is wat presies dieselfde beteken.