Wees baie versigtig as jy in vaste eiendom belê om dit te verhuur – dit is dalk nie die belegging wat jy hoop dit sal wees nie.
Volgens FNB word byna ’n kwart (24%) van alle beleggingseiendom uiteindelik vir minder verkoop as waarvoor dit gekoop is.
Dit beteken een uit vier mense wat hoop om ryk te word as verhuurders, waarskynlik ’n enorme verlies ly aangesien hul huur bes moontlik nie die eiendom se paaiement sowel as instandhoudingskoste en verbeterings dek nie.