Sy moes haar troue, met 150 gaste, afstel.
“Dit is chaos. Dit is net familie wat ’n seën is en ons troue nou oorgeneem het. Ons gaan nou in die Bosveld elope.”
So sê Anni Jacobs, ’n bruid wat vandeesweek “ontelbare reëlings” moet tref nadat haar troue, wat Saterdag in Pretoria sou plaasvind, inderhaas afgestel moes word omdat veel meer as 100 gaste verwag is.