Hoewel daar reën geval het in die opvanggebied van die byna leë Kougadam (die waterbron vir sitrus- en groenteboere in die Gamtoosvallei in die Oos-Kaap), het daar geen afloopwater in die dam beland nie.
Die dam was Mandag slegs 14,22% vol, het Pierre Joubert, uitvoerende hoof van die Gamtoos-besproeiingsraad gesê, en bygevoeg dat die naweek se reën oor die gebied nie voldoende was om afloopwater na die dam te verseker nie.
Sitrusproduksie in die Gamtoosvallei sorg vir van die grootste uitvoere van sitrus na die buiteland, terwyl dit ook as die groentespens van die Oos-Kaap bekendstaan.