Kristian Prinsloo is ’n dag ná sy 12de verjaardag oorlede.
Hy is byna drie weke gelede deur ’n “mak” volgroeide leeumannetjie buite Lephalale aangeval.
Sedert die aanval op 8 April was Kristian in ’n geïnduseerde koma in die Mediclinic Muelmed in Pretoria se waakeenheid. Hy was deurgaans in ’n kritieke toestand en aan ’n asemhalingstoestel gekoppel.