Die Hoërskole Waterkloof, Centurion, Menlopark en die Afrikaanse Hoër Seunskool (Affies) is deur Krieket Suid-Afrika (KSA) verbied om aan die nasionale T20-skoletoernooi deel te neem, omdat hulle nie aan die kwota-vereistes voldoen nie.
KSA het voor die 2017/’18-seisoen aangekondig dat skole wat aan dié kompetisie wil deelneem, twee spelers van kleur in hul spanne moet hê tydens die onderskeie streekkompetisies in die aanloop tot die nasionale T20-toernooi.
As spanne dan deurdring tot die eindronde in Maart in Pretoria, waar die ses franchises elk deur die wenner van die onderskeie streekkompetisies verteenwoordig word, moet hulle vier spelers van kleur in hul groepe van 13 hê. Twee van dié spelers moet te alle tye op die veld wees.