Onbeantwoorde vrae, bewysstukke wat beskikbaar is, maar nooit in die hof gewys is nie en nuwe bewysstukke wat in die aanvanklike ondersoek gemis is.
Dit is net drie belangrike punte wat Thomas Mollet, onafhanklike forensiese ondersoeker en skrywer, aan die groot klok wil hang om te wys dat daar steeds probleme in die proses na geregtigheid is.
Mollet het Saterdag in ’n aanbieding op Stellenbosch oor vier hoëprofielsake meer diepte-inligting met die publiek gedeel.