Duke die worshond van Durban was Donderdag weer hospitaal toe om die laaste paar steke te verwyder nadat hy verlede week deur ’n krokodil gebyt is.
“Hy het baie seergekry. Daar was verskeie gate in sy nek gebyt, maar hy is ons sterk seun en hardloop nou volstoom rond en eet te lekker,” sê Chris Naidoo, eienaar van Duke (10).
Naidoo het ’n reeks foto’s geneem wat wys hoe Duke deur die krokodil aan die nek beetgekry is.