’n Oud-Vrystaatse rugbyspeler word deur die polisie gesoek nadat hy ’n sakevrou van Bloemfontein na bewering met die kop in ’n kuierplek gestamp het.
Meer as ’n week ná die voorval is die oë van die 39-jarige professionele mediese sakevrou, wat verkies om anoniem te bly, steeds pimpel en pers en dié rugbyspeler skoonveld.
Beeldmateriaal van kringtelevisie (sien video onder) wys hoe die duidelik herkenbare oudrugbyspeler en die vrou by die toonbank staan. Skielik stamp hy haar met die kop in die gesig sodat sy wegsteier en val.