Pres. Cyril Ramaphosa het sy besoek aan Kaïro, Egipte, waar hy 'n beraad van die Afrika-Unie bygewoon het, kortgeknip om na Suid-Afrika terug te keer weens die oorstromings in dele van die Oos-Kaap en KwaZulu-Natal.
Ramaphosa het Woensdagoggend op Twitter aangekondig dat hy terug is in die land en dat hy onmiddellik na KwaZulu-Natal reis.
Minstens 33 mense is reeds in dié provinsie dood weens erge storms en modderstortings wat huise en geboue inmekaar laat stort het.