Die speelgoedgroep Hamleys is dalk in sakeredding, maar dit het hom nie gekeer om sy nuwe winkel in Fourways, Johannesburg, te open nie.
Die nuwe winkel is Vrydag amptelik geopen met groot ophef en die hulp van talle opgewonde kinders.
Sake het egter nie heeltemal so seepglad verloop soos wat Antares, die nuwe eienaars van dié franchise in Suid-Afrika, gehoop het nie.