Die vakbond Solidariteit het Dinsdag 200 sakke vol briewe wat hul teenkanting oor Discovery Bank se beplande aandeleskema aandui, op die voorstoep van dié bank se hoofkantoor in Johannesburg gaan aflaai.
Elke sak bevat 1 000 stemme. Daar is dus ’n totaal van 200 000 stemme teen die plan.
Dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, het die briewe en ’n memorandum wat hul saak stel, aan Barry Hore, uitvoerende hoof van die bank, oorhandig.