Die tweede been van die Copa Libertadores-eindstryd tussen Boca Juniors en River Plate is Sondag vir ’n tweede keer uitgestel.
Die Argentyne praat van ’n Superclasico as hul twee grootste sokkerspanne teen mekaar speel, maar daar was niks super aan wat hom die naweek afgespeel het nie.
BBCSport berig geweld het veroorsaak dat die wedstryd tussen die geswore teenstanders Saterdag vertraag is.