’n 17-jarige leerling aan die Hoërskool Noordheuwel in Krugersdorp is reg om van die Kaap na Kaïro te vlieg met ’n vliegtuig wat sy, met die hulp van 20 ander leerlinge, gebou het.
Megan Werner het Vrydagmiddag saam met van die tieners wat saam met haar aan die projek gewerk het, op die Kaapstadse Internasionale Lughawe met die media gepraat oor hul planne.