Hierdie is ’n ander Haaie-span as dié van die laaste paar jare, gee Johan Ackermann toe oor die Leeus se teenstander in Saterdag se Superstryd op Ellispark.
Die Leeus sal dit nie hardop sê nie, maar die Haaie van Gary Gold was nie regtig vir hulle ’n bedreiging nie.
Met Robert du Preez as afrigter is dit egter nou ’n heeltemal ander storie.