Daar is nie sprake van wraak wanneer die Crinums en die Flames mekaar Saterdag in die Nasionale Netballiga in Pretoria pak nie, sê Lefébre Rademan, kaptein van die Vrystaters.
Dit was die einste Flames, van Noordwes, wat die Crinums in 2018 in die uitspeelwedstryd om die derde plek, in bykomende speeltyd, met 66-64 geklop het.
“Ek dink nie ons kyk so daarna nie, ons speel steeds om te wen. Ons is baie opgewonde, ons het genoeg geoefen,” sê Rademan, ’n hulpdoel wat vanjaar met die kapteinskap toevertrou is.