’n Vyfjarige seun wat saam met sy ouers op ’n private wildplaas in Limpopo gekuier het, het ternouernood aan die dood ontkom toe ’n luiperd hom beetgekry het.
Die luiperdmannetjie het vir Kellan Denny (5) by die private Ntsiri-wildsreservaat, digby Hoedspruit, aan die linkerskouer gebyt en hom sowat 30 m ver gesleep.
Kellan en sy maatjies het op ’n lae muurtjie gespeel wat gebou is om ’n buite-area naby die rondawel waar sy ouers was. Die wooneenhede is in die bos en wild loop vry rond.