Chriszelda Witbooi, ma van die vermiste Recolin Witbooi, het Sondag uit desperaatheid tussen vullis op ’n groot stuk oop grond in Malabar, Port Elizabeth, na haar vermiste seun gaan soek.
Die agtjarige Recolin word reeds 21 dae lank vermis.
Hy is laas op 6 Julie by sy ouerhuis in Gelvandale gesien. Hy en twee maats het op dié dag glo by ’n dam in Grootkloof, soos die gemeenskap daarna verwys, gaan vissies vang.