Maak nie saak of jy jou eerste huis koop, afskaal of intrek by huismaats nie, om maniere te vind om klein spasies maksimaal te benut kan voordelig wees, sê Adrian Goslett, streeksbestuurder en uitvoerende hoof van Re/Max Suid-Afrika. Hier is wenke wat jou kan help om klein spasies ten beste te benut:
Raak ontslae van rommel
Wanneer jy afskaal of klein ruimtes wil benut, is dit ’n goeie idee om ontslae te raak van dit wat die spasie onnodig opvul.