Die trots Suid-Afrikaanse storie van oudpres. Nelson Mandela en sy voormalige persoonlike assistent Zelda la Grange is op pad silwerdoek toe.
Dié rolprent spruit uit La Grange se boek, Goeiemôre, Mnr. Mandela, waarin sy ’n intieme blik gee op die Mandela wat sy leer ken het in die amper twee dekades wat sy sy aan sy saam met hom gewerk het.
Maven Pictures, die vervaardigingspan van rolprente soos Girl Most Likely, het die rolprentregte op dié boek verkry.